KANTOOR URE: Maan-Don: 08h00-16h30 | Vry: 08h00-13h00 | Sat-Son/Publieke Vakansies: gesluit
MBChB (Stellenbosch) MMed (Ortho) (Stellenbosch) DIP Anesthetics (CMSA)
Dr De Jongh het sy mediese graad voltooi, gevolg deur sy graad in ortopediese chirurgie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 2001 in privaat praktyk. Hy is ook verbonde aan die Artroplastiek-eenheid by Tygerberg Akademiese Hospitaal (Universiteit Stellenbosch):
Dr De Jongh spesialiseer in:
Vir voortgesette professionele ontwikkeling in ortopediese chirurgie, fokus hy op vergaderings en werkswinkels op nasionale en internasionale vlak.
MBChB (Stellenbosch) MPhil Sports and Exercise Medicine (UCT)
Dr. F. Wilhelm Vogts is ‘n gekwalifiseerde Sportgeneesheer met ‘n spesiale belangstelling in spier-en-skelet patologie. Hy het gespesialiseerde opleiding in die gebruik van draagbare ultraklank (diagnosties en terapeuties) vir die behandeling van verskeie toestande van die boonste en onderste ledemate. Dit sluit in toestande soos tendinopatie, bursitis, osteoartritis, jigsiekte, en verskeie ander inflammatoriese versteurings wat die spier-en-skeletstelsel affekteer.
Dr Vogts spesialiseer in die volgende:
Die dienste wat deur Dr. Vogts voorsien word, kan ook toegepas word op die gebruik van biologiese benaderings vir die behandeling van spier-en-skelet beserings. Die rol van ortobiologiese middels vir die behandeling van spesifieke toestande sluit in die gebruik van bloedplaatjie-ryke-plasma (PRP). Dit is ‘n prosedure waar ‘n monster van die pasiënt se eie bloed geneem en voorberei word op ‘n manier wat die plasma en bloedplaatjie komponente isoleer van die rooi en wit bloedselle. Bloedplaatjies bevat groeifactore wat selreproduksie kan aanvuur en weefselregenerasie en genesing in die behandelde area kan stimuleer. Die voorbereiding word onder ultraklankleiding ingespuit om te verseker dat die geaffekteerde anatomiese gebied akkuraat geïnfiltreer word.
Of u hulp nodig het met rekeninge of afsprake, moenie huiwer om ons te kontak vir meer bystand nie.